Die van julle wat al voorheen hier was sal sien dat ek die web site heentemal verander het. Hoop julle like dit.

Maar dit was genoodsaak omdat gremlins die vorige databasis opgeskroef het toe ek dit geskuif het en ek het almal se inteken besonderhede en weblinks verloor. Dus moet die Musiekgids ongelukkig van voor af begin.

So as jy 'n Afrikaanse musiek sing, of 'n Afrikaanse  musiek web site het, of a 'n musiek produsent, promotor of winkel is vir Afrikaanse musiek, registreer, teken in en doen 'n plasing gratis.

Top Panel
Home
  • Narrow screen resolution
  • Wide screen resolution
  • Wide screen resolution
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
  • default style
  • witeblue style
  • dark style
Ek en Dozi en die Blues PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Jens du Plessis   
Saterdag, 26 Mei 2007 02:00

Ons was nou die Sondag op pad terug van Bloem af waar ons by 'n troue was.

Die troue het ge-overlap met die Super 14 finaal en daar was ons paar Bul ondersteuners tussen al die Shark ondersteuners (lyk my al wat Vrystater het die Sharks ondersteun - tough!)

Maar ek is van die punt af.

Wel, hier is ons op pad terug en toe stop ons vir 'n lafenis by on gunsteling pub in Parys (dis nou Paris on the Vaal)

Terwyl ek to teug aan my favourite brousel speel daar so lekker New Orleans Blues op die pub se musiekstelsel. Great soos dit was is dit mos nie die tipe musiek wat ek in 'n Parys pub sal verwag nie, veral nie op 'n Sondag middag nie.

Jy kon my met 'n verestowwer omslaan, en nie as gevolg van te veel lafenis nie, toe die meisie agter die toonbank my vertel dat dit Dozi is - man, kan hy die Blues sing!

Ongelukkig (of dalk gelukkig, want ek moes nog al die pad Pretoria toe) was dit die enigste Blues song op die stelsel.

Dit lyk vir my die man het ongelukkig nie 'n Blues CD uitgebring nie, sy eie web site is agter die tyd en op Kalahari.net kan ek niks kry nie.

Jammerte!

 

 

Laas Opdateer op Sondag, 17 Mei 2009 08:49
 

Afrikaanse Musiekgids


Winkel Oppie Net

Jongste Plasings

Borge



Wat dink jy?

Wat dink jy van Afrikaanse musiek?
 

Fotos

No images

Besoekers

Ons het 3 gaste aanlyn

VoegBy